Rock - 2B2
In 1990 het ek 'n band gevorm om saam met my te speel by die Houtstok Rock Fees. Ek het groot muzos gekry. Ons kon slegs 4 maal rehearse vir 'n uur of wat vir 'n 30 minute optrede. Dit was die eerste maal wat die 2B2 my oorspronlike nommers gehoor het. Ons het baie goed gedoen en was een van die tightste bands yb die fees. Twee van ons songs is in die fees CD ingesluit.
Die oorspronklike 2B2 outfit het bestaan uit
- Brian Schwarz: drums
- Jacques Steyn: vocals, keyboards
- Deon Karstel: Bass
- Kay Brugge: Guitar
(links na regs) Brian, Jacques, Deon, Kay
'n Houtstok vinyl album is uitgereik en later 'n CD. Twee van ons nommers is ingesluit:
- In die middle van die nag
- Die dood se snaar
Hier is die voor en agter kante van die CD omslag:
Na die fees was daar 'n Houtstok Toer: Anton Goosen's Kommisie van Ondersoek, Piet Botha se Jackhammer, en 2B2. Ons het 'n lekker jol gehad in Clarens in die Maluti berge (Vrystaat).
2B2 het ook die club gedoen. Van die gigs is gedeel met die
reggae outfit van Carlos Djedje:
(links na regs) Carlos Djedje, Moses Baloyi (Carlos' manager), Jacques
Steyn, Sello Motshekga (Malidadi)
-- die ander 2B2 ouens was nie beskikbaar vir die photo shoot nie.
2B2 reunie 2003
Jacques Steyn, Dylan Schwartz, Kay Brugge, Lee Furter. Etienne Celliers kon dit nie maak vir die photo shoot nie.
Die Dé produksie
Coert Wiechers (videographer), Lee Furter, Dylan Schwartz, Jacques Steyn, Etienne Celliers. Voor: Kay Brugge