Musiek bio
Ek wou doelbewus nie in een musiekstyl vasgevang word nie. So ek het baie soorte musiek probeer.
My grootword musiek het gewissel van die klassieke Italiaanse tenore, ligte operas, en LM Radio, wat die engiste radiostasie was rock gespeel het. Dit was uit Mosambiek uitgesaai in mediumwave met baie, baie distorsies. Pink Floyd, Beatles, The Doors, Santana, Bread, The Who, Led Zeppelin, en alles en nog wat. Net nie Bubblegum musiek nie...
Laaank voor Voëlvry
Op skool het ek 'n rock band gehad wat Afrikaanse volkspele liedjies vir volkspele aande gespeel het. Dit was baie jare voor die alternatiewe Afrikaanse beweging. Maar omdat ons darem self aan die meisies se hande wou vat (ons was in 'n seunsskool) het ons die band opgeneem, en deur klankstelsels tydens volkspele aande gespeel.
Multimedia
Op universiteit het ek folk-rock gedoen, en het multimedia vertonings gedoen -- met beelde wat op 'n skerm gegooi is. Dis baie lank voordat daar data projektors was. Ek het skyfieprojektors gebruik en het die fotos self geneem.
Folk-rock-opera
In dieselfde tydperk het ek Hooglied in folk-rock-opera styl getoonset, die score geskryf en opgevoer met musiek-studente onder die naam Lumen. Instrumente wat gebruik was is: harpichord, dwarsfluit, tjello, akoestiese kitaar, en mans en vroue stemme.
Gereelde optredes met eie komposisies is ook gedoen. Ek het verskeie kompetisies gewen, en het op radio gefeature (daar was nog nie TV in Suid-Afrika toe nie).
Musical
Ek was deel van die chorus in die Brickhill-Bourke produksie Mame in die destydse Johannesburgse Stadskouburg. Die show het 6 maande lank geloop, en was op daardie stadium die duurste produksie ooit in SA.
Musiek en Liriek - Staatsteater
Tydens die Musiek en Liriek reeks wat in die Staatsteater in Pretoria gehou was, het ek dikwels geopen vir die groot name.
Houtstok rock fees
In 1990 het ek 'n band bymekaargeskraap vir die Houtstok rock fees - die eerste Afrikaanse groot rock musiekfees. Ons naam was 2B2 en het my eie komposisies gespeel. Twee van ons nommers is op die Houtstok CD vasgelê. 2B2 was daarna saam met Anton Goosen en die Kommissie van Ondersoek, en Piet Botha op 'n kort Houtstok toer.
2B2
2B2 het gereelde gigs gehad saam met die reggae-band van Carlos Djedje en Malidadi in die binne-kringe van Pretoria middestad.
Kabaret
In die vroeg 1990s, toe Afrikaans nog in die closet was, het Marita Esterhuyse en ek 'n paar riskante kabarette opgevoer by die Grahamstadse Nasionale Kunstefeeste, en 'n paar ander venues. Ons onthou goed hoe sommige preutse Afrikaanse mense uitgestorm het, en omdat hulle uitgestorm het, het ander ingestroom...
Voor die 90s was die Nasionale regering onder die indruk dat hulle vir die land moes dink. Mense wat anders gedink het se fone was getap, is as kommuniste beskou (die ergste ding wat van iemand gesê kon word), of duiwels. Voorkeur was gegee on mooi skoon en rein Afrikaanse musiek - die soort wat sing halleluuuja. Afrikaanse musiek wat anders as die aanvaarde Calvinstiese norm geklink het het geen aandag gekry nie. Toe die nuwe bedeling ingeskop het, en die SABC meer oopkop geraak het, is 'n spesiale TV musiekprogramreeks (Music from within) ingestel om aandag te gee aan musiek wat voorheen geignoireer was. Ek het daarin gefeature.
Pantomime
In 'n pantomime opgevoer in die Pretoriase Kleinteater was ek Little John in die produksie Robin and his hoods.
Der Fliegende Holländer
Ek was ook die koor van die Wagner produksie van Der Fliegende Holländer in die Staatsteater in Pretoria.
Daarna het vir 'n ruk laag gelê.
Undercover Band - blues-n-rock
In die vroeg 2000s het ek 'n rock-n-blues band gejoin - Undercover Band. Ons het 'n paar maal vir Dan Patlanski geopen voordat hy famous was.
2B2 re-unie
In 2005 het Kai Brugge, 2B2 se amazing axe-man dit goed gedink om 'n 2B2 reunie to doen. Ons oorspronklike drommer (Brian Schwartz) se seun Dylan het ons dromme gedoen, en Etienne Cilliers het die oorsponklike bas speler (Deon Karstel) vervang.
Ons was bly dat die Suid-Afrikaanse Rock Professor, Leon Economides, ons song I sleep alone tonight op nasionale radio gespeel het.
Stormy Monday
Meer onlangs het ek keys gedoen in 'n Texas Blues band, Stormy Monday.
En vir 'n spesiale geleentheid het ek Listen to the Rain (Feliciano), Riders on the storm (Doors) verwerk vir 4 stemme in 'n styl wat 'n mix is tussen jazzy, klassiekerige folk-rock.
Genres:
- Ligte klassiek (in die trant van Il Divo)
- Pop Rock
- Jazzy Rock
- Blues (Texas Blues; Chicago Blues)
- Musiciekteater (musicals such as Mame, pantomime)
- Kabaret ()
Sang
- Natuurlike harmonieerder
- A Capella
- Ballad
- Rock-n-Blues
- Jazz - scatting
- Klassiek: romantiese tenoor
- Koor
Instruments
- Keys
- Piano
- Organ
- Harsichord
- Synthesizer (MIDI, as well as building own sounds)
- Guitar
- Finger picking, finger style (also arpeggio), picking, hybrid
- Some lead playing - not on axe-man standard
- Light percussion
- Bongos
- Cabasa
- Guiro
- Kalimba
- Maracas
- Tambourine
- Wood block
Komposisie, Orkestrasie:
- Komposisies in populere ganres
- Orkestrasie
- Bv. vir rock-klassiek cross-over
- MIDI orkestrasie
- Soundtrack vir verhoogproduksies