Jacques Steyn  

Musicals

Louis Burke en Joan Brickhill was welbekende Suid Afrikaanse verhoog producers. In die vroeë 1980s het hulle die musical Mame geproduseer in die Johannesburgse Stadskouburg, Op daardie stadium was dit die duurste Suid Afrikaanse produksie nog, en met die grootste cast.

Op daardie stadium het ek het nog nooit tevore gedans nie, behalwe op parties Ek het 'n vriendien geneem vir die oudisie, en toe die lywe op die verhoog sien riel, dag ek ek kan dit ook doen. Ek het aangemeld vir die oudisies - en kom wraggies in. Louis het my natuurlik gese ek moet my dansery opknap en het toe 'n reeks Jazz dansklasse geneem - en ek was mal daaroor. Die show het vir ses maande geloop.

Hier is ek ver regs - brylcream en al.



Hier is 'n deel van die garden scene. Ek is weer ver regs (nee, nie polities nie...).

Click to enlarge

En hier is ons in 'n ander scene waar ons die tekens van die zodiac voorstel. Ek is die ram in die g-string heel links (uiteindelik nie meer regs nie; nee, nie die g-string nie; dit was dood center). Hierdie foto is seker te klein vir jou om veel te sien. Volg die link op die foto om nader te loer.
Mame star constellation
Click to enlarge

TOP