Oorspronklike musiek
Sedert hoërskool was ek meer geinteresseerd om my eie wysies te jam as
om die hit parade te copycat.
Ek het al verskeie musiekprojekte gehad waarin my eie komposies ge-feature
het.
Hier is een so 'n groep. Ek het die Bybelse Hooglied (in Engels Song
of Songs) ge-score
en ons het 'n 15 minute ekstrak ge-perform in Pretoria. Vir hierdie projek
het ek 'n groep musiekstudente bymekaar geskraap, en ons het onsself Lumen genoem.
Ek het die orkestrasie vir die stuk ook gedoen, en 'n spesiale dankie aan
Chris
James
wat gehelp het met die tegniese aspekte van die notasie, waarvan ek maar
min geweet het omdat ek nie juis veel formele musiekonderrig gehad het
nie. Vandag is Chris is bekende klassieke komponis.
Lynette Lombaard (clavinet), Hannelie de Beer (fluit), Jacques Steyn (akoestiese
guitar en vocals), Marieke van Wingerden (vocals), Celia Lombaard (cello)
Hierdie was redelik uniek omdat die komposisie-styl rock was, maar die instrumente tipies klassiek. Marieke het later opera gesing in Wenen (Oostenryk).
Ander
My ander oorspronklike materiaal is opgevoer in verskeie genres (sien die Rock Afdeling en die Kabaret Afdeling) by 'n groot verskeidenheid van venues, en vir verskillende tipes funksies (kunsfeeste, korporatiewe shows, 'huiskonserte', teaters, skoolsale, restaurants, klubs).