Jacques Steyn  

Kabaret

In die vroeë 1990s het ek ge-partner met Marita Esterhuyse en ons het 'n aantal Afrikaanse kabarette in die literêre Europese styl geskep en ge-produce. Europese styl kabaret beteken sosiale kommentaar, nie die sequence en tits soort nie.

Ons het die konsepte saam ge-breinstorm. Marita het die teks geskryf en sommige komposisies gepleeg. Ek het die arrangements en orkestrasie op MIDI gedoen.

Die kabarette is opgevoer by die Grahamstown National Arts Festival en by verskeie funksies en plekke in Gauteng.

Tango vir 'n tert

Die eerste kabaret was Tango vir 'n tert. Sosiale kommentaar in musiek en teks het probeer om die skynheiligheid in die Afrikaanse kultuur te onbloot.

Kat in die donker

Ons tweede kabaret was Kat in die donker - 'n kabaret oor knyp. Die onderliggende tema was weereens om die huigelary in die Afrikaanse kultuur uit te wys. Vooraf is baie Afrikaanse mense baie godsdienstig en preuts; maar knyp die kat goed in die donker.

Die Nederlandse woord vir kat, en die Engelse troetel woord vir 'n klein katjie klink baie dieselfde en val swaar en skeef op die Afrikaanse oor. So Nederlandse en Englese songs met sulke woorde het van die gehoor laat uitstorm uit ons show uit. Natuurlik het dit rye mense by die fees wat buite wag vir 'n ander show genoodsaak om uit nuuskierigheid na ons show te loer.

Laaste Vastrap in Parys

Die Laaste vastrap in Parys was ook sosiale kommentaar, en die naam 'n parodie op die kontroversiële Brando movie "Last tango in Paris". In die kabaret word gekyk na hoe die konserwatiewe gemeenskap in die aan-die-slaap Parys aan die Vaalrivier nie veel verskil in moraliteit van die kosmopolitaanse dekandente Franse Parys nie.

Hier is die oorspronklike cast:

Cast of Laaste Vastrap in Parys

Cast of Laaste Vastrap in Parys

En hier is die cast van die finale produksie in Voortrekker drag:
Jacques, Peter, Onida en Marita

Cast of Laaste Vastrap in Parys

Cast of Laaste Vastrap in Parys

Hier is ek in 'n outfit van so 150 jaar later, danksy tennisballe...
Jacques in horrible drag

TOP