Jacques Steyn Home | Sirkelkringe | Program | Resensies | Bio | Kabaret

 

 

Multimedia kabaret

'n Kabaret is basies 'n show waarby geëet en gedrink word. Daar is baie vorme van kabaret wat wissel van eenman/eenvrou vertonings in intieme plekke tot groter produksies (soos by die Moulin Rouge in Parys, of Las Vegas).

Cabaret venue
'n Tipiese kabaret venue

Kabaret is 'n ou vorm van optrede in klein lokale met 'n intieme atmosfeer wat in die 1800s gewild geraak het. Dis nie teater nie, maar daar is elemente van teater. Opvoerings gaan gepaard met eet en drink, wat natuurlik nie in teaters gebeur nie. Burlesque (oordrewe gespot) is een van die bekende variasies.

Burlesque
Burlesque in die 1920s

Die eerste moderne kabaret is opgevoer in 1881 in die boheemse Montmartre (Parys) gebied in die drinkplek Le Chat Noir (Die Swart Kat).

Le Chat Noir
Le Chat Noir

Een van die bekendste kabaret plekke is sekerlik die Moulin Rouge in Parys met sy can-can girls. Édith Piaf het gereeld daar opgetree. Hul posters is gemaak deur die bekende skilder Toulouse-Lautrec.

Moulin Rouge
Moulin Rouge

Édith Piaf
Édith Piaf

Toulouse-Lautrec
Toulouse-Lautrec se poster vir Moulin Rouge

Charles Aznavour het aanvanklik met Piaf opgetree. Hy is gestem as die grootste entertainer van die 20ste eeu in 'n wêreldwye opname deur CNN en Time Online.

Charles Aznavour
Charles Aznavour

Daar is baie gedaantes en formate van kabaret. Gehore was vroëer jare gewoonlik anders-denkendes soos kunstenaars, skrywers, akteurs en aktiviste. Die temas was sosiale en politieke satire. Mettertyd het vermaaklikheid dwars oor die wêreld minder kontroversiëel geraak. Kabaret in die Las Vegas styl is hedonistiese plesier. Sosiale en politieke satire word merendeels deur komediante met galge humor vertel.

Kabaret was baie gewild in Europa: Frankryk, Duitsland, Nederland (waar dit kleinkunst genoem word), België, Poland, Engeland en ander. Jacques Brel, 'n Belg wat later na Frankryk verhuis het, is een van die bekendste kabaret name in Suid-Afrika.

Jacques Brel
Jacques Brel

In Amerika het dit in 'n ander storie ontwikkel met jazz musiek, striptease, burlesque, drag shows, of net 'n solo sanger met pianis. Die Las Vegas formaat is miskien die mees bekendste, met sangers soos Frank Sinatra en Michael Bublé. Ander bekende Amerikaans kabaret kunstenaars is Nina Simone, Bette Midler en Eartha Kitt.

Frank Sinatra
Frank Sinatra

Nina Simone
Nina Simone

In Suid-Afrika is kabaret in Afrikaans gewild gemaak in die 1970s deur die skrywer Hennie Aucamp, wat die Duitse formaat gevolg het. Marlene Dietrich en Bertolt Brecht is bekende name in Duitse kabaret. Die bekendste kunstenaar in plaaslike kabaret is Nataniël.

Hennie Aucamp
Hennie Aucamp

Nataniel
Nataniel

Daar is vandag 'n 1001 variasies van kabaret. Die kruks is steeds eet, drink en 'n opvoering.

In my geval is dit "live" musiek, sang, teks, gepaard met stil fotografiese beelde wat geprojekteer word - multimedia is die gebruik van verskeie kommunikasie kanale. Agtergrond vertel die storie agter die storie van die songs.

Die tema is die lewe van kunstenaars en al hul dinge - hoe die kunste hul lewens beïnvloed; en hoe hulle die kunste beinvloed.

Die songs is almal internasionale hits en ook in Suid Afrika baie bekend (my songs natuurlik uitgesluit). Songs met meer liriese woorde (digkuns, as jy wil - in die styl van nouvelle chanson française) is gekies, en op my eie manier verwerk. 'n Paar van my eie komposisies word ook gedoen.


Jacques Steyn Home | Sirkelkringe | Program | Resensies | Bio