Home | Sirkelkringe

Jacques Steyn: Resensies

Wat ander mense sê:


Jacques Steyn het van vroeg af reeds begin sing en komponeer. Maar deesdae breek hy heeltemal uit sy kokon met 'n vertoning wat musiek, in al sy vorms, op 'n meevoerende en luisterryke wese illustreer. Hy slaag daarin om die wortels van sekere musiekbewegings na te spoor en dit op onderhoudende wyse oor te dra, musikaal te illustreer en te verduidelik.

Dit verander nooit in 'n lang, eentonige monoloog nie, maar 'n meelewende mededeling van kennis, veral vir mense wat wonder oor die oorsprong van instrumente soos byvoorbeeld 'n orrel, klavier, 'n kitaar en selfs 'n trom. Jacques belig die inligting dan deur liedjies te sing wat van toepassing is op wat hy pas vertel het.

Maar wat die hartsnare eintlik roer, is Jacques se Afrikaanse vertalings en uitvoering van onder andere The Windmills of your Mind asook The Sounds of Silence in Afrikaans. Om daardie bekende melodieë te hoor, maar met skitterende en pragtig-beskrywende Afrikaanse lirieke, is te gelyk opwindend en inspirerend. Sy eie komposisies kry ook 'n beurt. Dit mag jou met nostalgie vervul.

Dit is goed om Jacques Steyn weer op die musiektoneel terug te verwelkom. Hy gaan inderdaad van krag tot krag!

Leon van Nierop
Suid-Afrikaanse akteur, vervaardiger, skrywer en rolprentresensent


Jacques, jou Afrikaans vertalings is pragtig, baie liries en poëties, klankryk, en dit vang die oorspronklike lirieke goed vas.

Delana Fourie


Great selection of songs - beautifully delivered with your unique vocal ability - which made known lyrics sound emotive without the unnecessary bass and background chaos we come to expect from live bands and covers singers. You really are talented!!

Katherine Jean Theron


Legkaarte en Puzzles Verse in die Vallei (Riebeek Kasteel)

Jou optrede het iets besonders ontgin - 'n verweefde ervaring van woorde en klanke, waar digkuns en musiek mekaar nie net ontmoet het nie, maar mekaar verdiep het. Die tema van legkaarte en puzzles is meesterlik ontgin - met insig, ironie en 'n tikkie humor. Jy het ons nie net laat dink nie, maar laat voel. Jou gedigte, saam met die melodieë op jou akoestiese kitaar en die rou eerlikheid van jou sang, het diep ingegrawe in menslike kompleksiteit en identiteit. Die gehoor het jou gou gevolg op die pad van status, afstatus en selfstatus - en ja, soos P.G. gesê het: "Staatus val ook in Waterkloof." Jy het dit nie net gesê nie, jy het dit laat klink.

Dankie dat jy ons nie net vermaak het nie, maar ook uitgedaag het om anders te kyk - en te luister.

Caren Kearly


Legkaarte en Puzzles Verse in die Vallei (Riebeek Kasteel)

Wat 'n voorreg en lekkerte om Jacques en Charlotta te kon ontmoet, wat nog te sê van om 'n verhoog met hom te kon deel! Jacques maak 'n mens dink. Oor jouself en die lewe en jou plek daarin. Maar nie op daai depro-manier van "wat maak ek nog hier?!" nie, eerder met 'n skerp sin vir humor sodat jy traan-deur-die-lag.

Susan Greeff Terblanche


Jacques Steyn sit onsettend baie passie en gevoel in sy musiek en ek sal hom absoluut aanbeveel vir enige event of troue! Hyt uitstekende smaak in musiek en kan enige atmosfeer tot lig bring- van rock n roll tot romanties.

Jacques Steyn has an extraordinary passion for music and one can feel the soul when he sings. Great songs to listen to and he has a gentle way of portraying his music that you feel totally captivated in his world. Will definitely recommend his music.

Ina Wiegand
CEO: Respiro Studios for Professional Singing


SIRKELKRINGE - Jacques Steyn se eenmanvertoning, ATKV Bordienghuis Teater, Wellington, Saterdag 12 April 2025

Jacques Steyn is 'n veelkantige persoon wat 'n mens nie in een oomblik leer ken nie. Jy het tyd nodig om die lae af te dop en die diversiteit van sy talente en vermoëns te ontdek.

Ek het hom leer ken as 'n persoon met 'n sterk aanvoeling vir sosiale geregtigheid. Sedert hulle drie jaar gelede in Tulbagh kom nes skrop het, het hy en Charlotta die nood in die gemeenskap raakgesien en met inisiatiewe begin om verandering te help bewerkstellig.

'n Ander fasset van sy make-up is sy sterk akademiese agtergrond, sy honger vir kennis en sy passie vir grondige navorsing.

Ek het mettertyd kennis geneem van sy kreatiewe kant, maar Saterdagaand was my eerste werklike kennismaking met Jacques Steyn, die musikant. En watter WOW-ervaring was dit nie! Om die normaalweg beskeie, teruggetrokke persoon te sien ontpop as kunstenaar wat eiehandig 'n gehoor vir twee uur lank kon entertain, was 'n belewenis. Dit was 'n letterlike gedaanteverwisseling soos wat hy met 'n serp hier en 'n hoofbedekking daar verskeie karakters uitbeeld.

Sy musikale vaardigheid waarmee hy gemaklik van een instrument na 'n ander oorskakel terwyl hy die gehoor vergas met gevoelvolle kabaretsang, was 'n belewenis.

Voeg hier by sy voorafbereide agtergrondbegeleiding met 'n gesinkroniseerde PowerPoint aanbieding, deeglik nagevorste agtergrondinligting oor elke sangitem en kunstenaar wat in storietrant opgedis word, en jy sal verstaan waarom 'n volgende kabaretvertoning deur Jacques Steyn 'n moet is om by te woon.

Sydney Davis
Skrywer, Digter, Organisasie-Ontwikkelingskonsultant

Jacques has a fascinating in-depth understanding of music and a musical understanding in all genres of music which exited the entire audience. The freshness of the sounds he produced illustrated that he is a true specialist.

Joanne & Tonna Pieterse


Jacques Steyn's approach to enchant through music is amazing. His debonair attitude to deliver a masterful music experience is well accomplished. Jacques is able to elevate the listener to enjoy a wide range of music genres producing various emotions. He brings an edge of musical perfection to any occasion making that occasion memorable through the musical journey undertaken.

Lilian Bierman


Ek was so bly dat ek Sondagaand deel was van die groepie gaste wat gaan luister het na Jacques Steyn ... werklik aangenaam verras om na hom te luister. Sy program was stylvol beplan met ... slim afwisseling van die kitaar en die keybord as ekstra, by die musiekbegeleidingsbande... Die inwerking van verskillende genres het ook bygedra dat die program nooit vervelig geword het nie. ... Die kwaliteit van sy stem en die moeitelose aanwending van sy omvang wanneer hy improviser of ´n lied met ´n meer klassieke aanslag, sing, was só verfrissend.
Vrolike groete

Verona Esterhuizen


From my experience I had in listening to Jacques, I can ensure you the people will love him. Not only his voice but his songs and personality that comes through to the audience is something unforgettable.

Chene Brink


Jacques Steyn is n juweel met n fluweelstem wat te lank stil was. Die hele uitbeelding en manier waarop hy sy talent met die gehoor deel is meesleurend. Hoop daarop om meer dikwels van hom te hoor Dankie vir 'n onvergeetlike aand

Susan Bowker


Die vertoning was amazing. Kan nie wag vir die volgende een nie.

Suzette Versfeld Bieldt


Putting aside the man's obvious talent, his choice of music was both emotionally stirring and refreshingly lighthearted and I couldn't help myself from enjoying the ride. I recommend Jacques Steyn for any wedding or event if the goal is to captivate and enchant the audience.

Annie de Beer


Wow wat 'n aangename verassing. Hy is so talentvol. Hy sing pragtig elke woord met gevoel kom uit sy hart uit. Sy klavierspel is vir my absoluut uit die hemel uit, dis bekoorlik mooi!

Christiaan Putter


Jou musiek was awesome en nie eers Eskom kon jou passie demp nie!

Liesel Kok


You're amazing!

Zola


That was awesome!

Mavis and Sipho


...vuurwarm rock
...gesofistikeerde rock

Theunis Engelbrecht
Beeld


Outstanding musical arrangement

Koos van Rensburg
Transvaler


Material of a very high standard...

Peter Vee
Steel Street Records


... a really great voice

Benjie Mudie
Tusk Records


Jacques Steyn het 'n vol en ryk stem

Lydia Loeve
Transvaler