Jacques Steyn Home | Sirkelkringe | Program | Resensies | Bio | Kabaret

 

 

Sirkelkringe Jacques Steyn

Sirkelkringe

Sirkelkringe is multimedia produksie wat die storie van kunstenaar-wees vertel:
  'n Kunstenaar se soeke na Muse:
  gedagte reise na ver en naby plekke
  wipplank tussen roem en vergetelhgeid
  van kaviaar en brood, van hart- en kopverloor...
  Dis die storie van elke mens.

Die musiek bestaan uit verwerkings van internasionale tydlose treffers met meesleurende melodië in verskillende musiekstyle. Jacques speel klavier, keytar en kitaar en sing saam met 'n virtuele orkes. 'n Paar oorspronklike songs word ook gespeel.

Die stories agter die stories van die oorspronklike komposisies word gedeel en geïnterpreteer in geprojekteerde beelde.

Die lirieke is digterlik uit die stal van chanson française.

Die internasionale tydlose treffers musiek is bekendgemaak deur
  - The Beatles - While my guitar gently weeps
  - Moody Blues - Nights in white satin
  - Simon & Garfunkel - Sounds of Silence
  - Charles Aznavour - La Bohème
  - Jacques Brel - Ne me quitte pas
  - Luciano Pavarotti - Caruso
  - Michel Legrand - Les moulin des mon coeur
  - Nina Simone - Feelin' good
  - Frank Sinatra - My way,
    maar volgens die oorspronklike Frans Comme d'habitude
  - en ander.

Hierdie melodieë is bekend in alle kulture reg oor die wêreld - regte wêreld hits - en word nou in Afrikaans gesing.

Die internasionale treffers word uitgevoer in 'n mengelmoes van style. Die produksie bestaan uit live musiek en geprojekteerde beelde en strelende Afrikaanse lirieke.

Musiekstyle sluit in ballade, bolero, pop-rock, cross-over classic, art/progressive rock, jazz, Latin, folk-rock, movie musiek, en chanson française.


Jacques Steyn Home | Sirkelkringe | Program | Resensies | Bio