Jacques Steyn Home | Sirkelkringe | Program | Resensies | Bio

 

 

Kort Bio

Jacques Steyn Jacques sing en speel in verskillende genres van musiek: folk, rock, blues, jazz, Latin, internasionale pop, cross-over classics.

Hy het ondervinding as solis, a capella, koor, kabaret en bands.

Hy sing in Engels, Frans, Spaans, Italiaans, en sy eie komposisies in Afrikaans.

Hy het al opgetree in die Staatsteater, Joburg Teater, kunstefeeste, Rock feeste en Blues feeste.

Hy het 3 albums uitgereik, waarvan 2 in Afrikaans is (Sluit dit oop en Droom verder as grense), en die derde a big band instrumentele album (Passport to France).

Sy lirieke is poëties en sy komposisies melodies. Hy vind aanklank by Nouvelle Chanson Française.

Hy kry goeie resensies. Leon van Nierop, onder andere, sê van sy musiek dis meelewend... en wat die hartsnare eintlik roer, is Jacques se Afrikaanse vertalings en uitvoering...skitterende en pragtig-beskrywende Afrikaanse lirieke, is te gelyk opwindend en inspirerend.

Sien ook Lang Bio


Jacques Steyn Home | Sirkelkringe | Program | Resensies | Bio