Jacques Steyn Home | Sirkelkringe | Program | Resensies | Bio

soos ons dit doen

Agtergrond

soos ons dit doen
Comme d'habitude

Claude François

Claude François

Claude François (1939-1978) is in Egipte gebore, maar in 1956, toe hy 17 was, is sy pa uitgeskop uit Egipte. Sy pa het gewerk vir die maatskappy wat die Suez-kanaal bestuur het, maar Pres Nasser van Egipte het dit genasionaliseer.

Die familie trek na Monaco.

Claude se ma was Italiaans - van Calabria - en baie musikaal. Hy leer klavier en viool speel, en ook dromme en tree op in nagklubs. Hy trek na Parys. Daar word hy deel van die Franse ye-ye rock -- Amerikaanse rock in Frans gesing.

In 1963 het Claude twee groot hits gehad met bekende rock nommers in Frans gesing:
- Si j'avais un marteau (If I had a hammer - Trini Lopez)
- Marche Tout Droit (Walk Right In - Roofstop Singers)

Claude het in die 1970s weg beweeg van rock na disco en oral in Europa opgetree - selfs in Royal Albert Hall in London.

In 1978 toe hy 39 was - in een van die hotelkamers waar hy oorbly pla die ligskerm teen die muur hom en toe hy dit sommer self probeer regskuif skok die ding hom dood.

Comme d'habitude

Comme d'habitude beteken letterlik Soos gewoonte.

In 1967 skryf Claude François saam met die 2 ander ouens (Jacques Revaux en Gilles Thibault) 'n song wat wêreldbekend sou raak. Dis 'n liefdeslied wat 'n tipiese dag-tot-dag liefdesverhouding beskryf.

Paul Anka

Paul Anka

Tydens 'n 1968 vakansie in Frankryk hoor Paul Anka die song op radio. Hy is 'n bekende Kanadees komponis en sanger van Lebanese oorsprong. Sy bekendste song is Put Your Head on My Shoulder. Hy het heelwat met ander saamgewerk, insluitend Michael Jackson, met wie hy 3 songs geskryf het. Anka verkry regte by die Franse en skryf Engelse woorde vir die melodie. Maar hy skryf oor heeltemal iets anders: My Way .

Frank Sinatra

Frank Sinatra

Frank Sinatra, met die bynaam Blue Eyes en een van die crooners van die 1950s, wou dit aanvanklik nie sing nie. Hy het gedink die woorde is self-serving and self-indulgent. Maar hy neem dit wel op en dit word nie net 'n hit in die Engels-sprekende wêreld nie, maar internasionaal.

My way

In Asië is dit een van die mees gewildste liedjies in karaoke bars. In die Fillipyne moet dit op 'n spesifieke manier in karaoke bars gesing word, anders is breek cahos en baklei uit. Sedert 2010 verban die meeste karaoke bars dit.

Iets triviaal: Donald Trump het daarop gedans by sy eerste presidensiële intree-partytjie.

Opnames

Dit is opgeneem deur 627 kunstenaars en word in 20 tale gesing:
Arabies
Czechies
Deens
Engels
Fins
Duits
Hebreeus
Hongaars
Italiaans
Japanees
Kroasies
Nederlands
Pools
Portugees
Russies, Slovaks
Spaans
Sweeds
Welsh
Yiddish