Jacques Steyn Home | Sirkelkringe | Program | Resensies | Bio

Skerpte van die stilte

Agtergrond

Skerpte van die stilte
Sounds of Silence

Tom and Jerry

In 1953 toe hulle 12 jaar oud is begin 2 laerskool maats saam sing en hulle kon lekker saam harmoniëer. Hulle noem hulself Tom and Jerry en sing rock. In 1957 in die hoërskool het hulle bekend geraak met die Everly Brothers se Hey Schoolgirl.

In die vroeg 1960s skakel hulle oor na folk musiek. Met hul plate-kontrak vir hul eerste album (Wednesday Morning, 3 A.M) doen hulle dit onder hul eie name: Simon and Garfunkel.

Die song Sounds of Silence is ingesluit in die album. Net 3'000 kopiëe word verkoop, wat bittermin in die VSA is.

Folk musiek

Folk musiek is op daardie stadium nie gespeel op populêre radio-stasies nie.

Die groot doyen in Amerikaans folk musiek was Dave Van Ronk. Hy het folk songs uitgegrawe en verwerk. Bob Dylan het van sy songs gesing. Oor Sounds of Silence sê hy: This is a joke!

Met die swak album verkope en kritiek, breek Simon and Garfunkel op. Paul Simon gaan werk in Engeland, en Art Garfunkel swot verder in regte.

Dinge verander

Van 1965 se kant begin radio jocks folk musiek speel. Bob Dylan se Like a Rolling Stone en die Byrds se Mr. Tambourine Man word hits. Folk raak warm.

Radio stasies in Boston en Florida begin Sounds of Silence speel en dit word 'n hit in 1966.

Sounds of Silence

Die storie van Sounds of Silence

Paul Simon het die song geskryf. Hy het daarvan gehou om in die donker in die bad te lê en na die skommeling van die water en drup te luister. Oor 'n tydperk van 'n paar maande skryf hy hieroor, en uiteindelik word die song uitgebroei.

Opnames

Dis die 18de mees gesingde song van die 20ste eeu.

In 2004 rang Rolling Stone Magazine dit #157 in die lys van die 500 Greatest Songs of All Time. Dit word beskou as die perfekte voorbeeld van 'n folk rock song.

Daar is 400 opnames hiervan en dit word gesing in 10 tale:
Engels
Fins
Frans
Duits
Hebreeus
Italiaans
Nederlands - Het geluid der stilte
Portugees
Spaans
Sweeds