Jacques Steyn Home | Sirkelkringe | Program | Resensies | Bio

net woorde

Agtergrond

net woorde
Parole, parole / Paroles, paroles

Spaghetti Westerns

Musiek-skrywers kan in baie verskillende genres skryf. Gianni Ferrio (1924-2013), 'n Italianer, was een so 'n veelsyde skrywer.

Gianni Ferrio
Gianni Ferrio

Hy het movie-musiek geskryf - meestal vir Spaghetti Westerns.

Hierdie film genre is so genoem omdat die meeste producers Italiaans was. Die bekendste was Sergio Leone.

Sergio Leone

 

Dis sy films wat Clint Eastwood beroemd gemaak het. Dis vir movies soos:
Man with No Name
- Man with No Name - 1964

For a Few Dollars More
- For a Few Dollars More - 1965

The Good, the Bad and the Ugly
- The Good, the Bad and the Ugly - 1966

Italië - Parole, parole

In 1972 skryf Gianni Ferrio met twee ander ouens, Leo Chiosso en Giancarlo Del Re, musiek vir die Italiaanse TV program Teatro dieci (Teater 10). In Italiaans is die titel Parole, parole - dit beteken "Woorde, woorde"

Teatro dieci
Gianni Ferrio

Mina

Mina

Anna Maria Mazzini, in 1940 gebore, het gesing onder die verhoognaam Mina. Sy was ook 'n aktrise. Sy mag dalk nie hier bekend wees nie maar sy het in haar leeftyd 150 miljoen albums verkoop. Sy sing Parole, parole en dit word 'n hit in Italië.

Frankryk - Dalida: Paroles, paroles

Dalida

Nou loop die storie nog 'n draai.

Iolanda Cristina Gigliotti (1933-1987 op 54 dood) was in Egipte gebore, maar Italiaans, en het 'n Franse burger geword.

Sy was 'n aktrise en sanger en het beroemd geraak onder haar verhoognaam: Dalida.

Sy het in baie genres gesing, van Franse yé-yé tot disco. Haar bekendste hit is sekerlik
- Itsy bitsy weeny bikini
- Itsy bitsy petit bikini - Franse yé-yé

Dalida se broer hoor die song in Italië en stel voor sy moet dit sing. Sy doen dit in Frans saam met Alain Delon: Paroles, paroles. Delon was van die 1960s tot 1980s een van die hotste akteurs in Europa. Die song word 'n internasionale hit.

Dalida

 

In Frankryk het Paroles, paroles 'n gesegde geword vir leë woorde as mens net praat- praat maar niks kom daarvan nie.

Die Franse koerant Le Monde beskou Dalida naas President de Gaulle as die persoon wat die grootste impak op die Franse samelewig gehad het.

Opnames

Daar is 54 verskillende opnames hiervan in 8 tale:
Catalan
Duits
Frans
Italiaans
Nederlands
Russies
Spaans
Turks