Jacques Steyn Home | Sirkelkringe | Program | Resensies | Bio
Agtergrond
net my kitaar
While my guitar gently weeps
George Harrison
George Harrison (1943-2001), een van die Beatles, het hierdie song in 1968 geskryf. In daardie jaar raak hy geïnteresseerd in oosterse filosofie, o.a. Transcendental Meditation (TM - wat oor universele liefde gaan) en die Chinese I Ching. TM gaan oor die soeke na universele liefde.
Hy besoek 'n ashram in Indië en leer sitar speel by Ravi Shankar.
Hy skryf While my guitar gently weeps. Aanvanklik wou hy dit doen net met akoestiese guitar en harmonium -- dis nou 'n ou-styl pomp orreltjie sonder pote, en baie gewild in Indië
Die Beatles en Eric Clapton
John Lennon en Paul McCartney het basies die Beatles regeer. In 1968 was hulle besig om hul White Album op te neem, maar wou nie George se song insluit nie.
George was goed bevriend met Eric Clapton en hy nooi hom een dag uit om te jam in die Beatles se ateljee. Eric speel 'n elektriese kitaar solo in While my guitar gently weeps waarvan John en Paul hou, en hulle sluit wel die song in die album in.
Dit word was as 'n single uitgereik en word 'n hit.
Opnames
Die song word beskou as een van die groot pop-rock nommers van alle tye.
#136 | in The 500 Greatest Songs of All Time |
#7 | in 100 Greatest Guitar Songs of All Time |
#10 | in The Beatles 100 Greatest Songs |
#42 | in 100 Greatest Guitar Solos (Guitar World 2008) |
Daar is 289 opnames van die song en dit word in 12 tale gesing:
- Czechies
- Deens
- Fins
- Frans
- Duits
- Hongaars
- Italiaans
- Kroasies
- Portugees
- Russies
- Spaans
- Sweeds