Jacques Steyn Home | Sirkelkringe | Program | Resensies | Bio

Dis boheems

Agtergrond

Dis boheems
La Bohème

1965

Charles Aznavour

Charles Aznavour

Charles Aznavour is die verhoognaam van Shahnour Vaghinag Aznavourian. Sy ouers was Armeniërs wat gevlug het tydens die Turkse genocide tussen 1915 en 1923 en het opgeëindig in Parys (Frankryk).

Charles is gebore in 1924 in Saint-Germaindes- Prés en dood in 2018 op 94.

Op ouderdom 9 het hy begin as akteur op die verhoog en in films. Later word hy 'n danser en performer in nagklubs.

Hy tree op met Edith Piaf by die Moulin Rouge. Sy mentor hom en oortuig hom om op sang te fokus.

Hy het so beroemd geraak dat in 'n 1998 wêreldwye opname deur CNN en Time Online is hy gestem as die Entertainer of the 20th Century. Hy het 18% van die stemme gekry - baie meer as Elvis Presley of Bob Dylan.

Sy loopbaan het oor 70 jaar gestrek.

Hy het meer as 1200 songs opgeneem en het in 8 tale gesing.

Hy het meer as 800 liedjies geskryf en 180 miljoen albums verkoop.

'n Baie lang lys van bekende performers het saam met hom opgetree o.a.
Liza Minelli
Sting
Zucherro
Elton John
Luciano Pavarotti
en baie meer

Toe hy 94 was (die jaar van sy dood) was hy nog op 'n wêreldtoer in Latyns Amerika, Rusland, Australië, Japan en verskeie Europese lande. Hy het al begin werk aan sy speellys vir wanneer hy 100 is.

Opnames

Sowat 74 kunstenaars het opnames gemaak van die song in 12 tale:
Czechies
Engels
Fins
Frans
Duits
Grieks
Hebreeus
Italiaans
Nederlands
Portugees
Russies
Spaans