Jacques Steyn Home | Sirkelkringe | Program | Resensies | Bio

Die blare val

Agtergrond

Die blare val
Les Feuilles mortes
Autumn leaves

Jacques Prévert (1900-1977)

Jacques Prévert

Jacques Prévert was 'n Franse digter en movie-skrywer. Hy het aanklank gevind by surrealisme. Hy was betrokke by linkse teater en movies asook verskeie organisasies. Sy gedigte is vandag deel van die Franse skoolsillabus.

In 1945 to Europa nog herstel van die dood en verwoesting van die Tweede Wêreldoorlog, skryf Jacques die lirieke Les Feuilles mortes - Die dooie blare

József Kozma (1905-1969)

József Kozma

József Kozma (ook gespel Joseph Kosma) was in Budapest in Hongarye gebore en het meestal movie-musiek gemaak en dus nie baie bekend nie. Maar hy het een van die mees-bekende songs in die wêreld se musiek geskryf.

In 1928 op 23 trek hy na Berlyn om daar te studeer en raak bevriend met Bertolt Brecht, Helene Weigel en die komponis Hans Eisler

Brecht was baie aktief in die teater, het gedig en het verhoogstukke geskryf.

Helene Weigel was 'n aktrise en in 1930 met Brecht getroud.

In 1933 pla die groeiende fasisme in Duitsland vir Kozma en verhuis hy en sy vrou na Parys.

Daar raak hy bevriend met Jacques Prévert

Kosma toonset heelwat van Prévert se werk en verskeie sangers neem dit op. Hy skryf movie musiek vir Jean Renoir wat veral bekend is vir sy meer as 40 films gemaak in die era voor klank in movies.

In die laaste stuiptrekkings van die oorlog in 1945 toonset Kosma die lirieke van Jacques Prévert van Les Feuilles mortes - letterlik: die blare is dood.

Kosma baseer die melodie se struktuur op ballet, en van die frases kom ooreen met Tchaikovsky se 1888 komposisie Hamlet Overture-Fantasia, Op. 67.

Yves Montand, een van Frankryk se bekendste sangers, stel die song vry in 1949 en dit word 'n hit. Dit verkoop 'n miljoen kopieë - wat vir daardie tyd baie was.

Dis 'n jazz standard en word gespeel seker deur al die jazz spelers in die węreld.

Opnames

Hierdie song is een van die mees opgeneemde songs in die wêreld. Dis deur 1578 kunstenaars opgeneem en word in 25 tale gesing:
Catalan
Czechies
Deens
Engels
Estonian
Fins
Frans
Duits
Hongaars
Icelandic
Italiaans
Kroasies
Nederlands
Romeeens
Russies
Slovaaks
Spaans
Sweeds