Jacques Steyn Home | Sirkelkringe | Program | Resensies | Bio

As jy weg sou gaan

Agtergrond

As jy weg sou gaan
Ne me quitte pas

Die Afrikaanse lirieke is my interpretasie van Jacques Brel se Ne me quitte pas.

Jacques Brel - sy lewe

Jacques Brel

Jacques Brel is 'n Vlaam in België gebore, maar sy familie het Frans gepraat. As tiener was hy lief vir skryf: gedigte, essays, en toneelstukke.

Op 15 leer hy kitaar speel en tree op by familie-byeenkomste.

Op 23 in 1952 begin hy optree in kabarette.

Hy kry 'n opname-kontrak by Philips Records, verhuis na Parys maar sonder veel sukses. In 1956 partner hy met 'n klassieke pianis François Rauber wat sy songs se arrangements doen.

Hy stel Quand on n'a que l'amour (When You Only Have Love) vry - dit word a hit.

In 1957 tree hy op met Maurice Chevalier en Michel Legrand (van Les moulin des mon coeur Windmills of my mind roem).

Brel kry daardie jaar 'n musiek toekennig Grand Prix du Disque (die hoogste Franse musiekprys) vir sy song "Amsterdam" Hy raak beroemd.

Hy en sy vrou seil om die wêreld maar toe hulle by die Frans-Polenesiese eiland Marquesas naby Tahiti kom, besluit hulle om daar te bly. Sy laaste album is Les Marquises.

In 1978 is longkanker gediagnoseer. Hy is terug na Parys vir hospitalisasie maar later die jaar dood op 48.

Jacques Brel en Zizou

Zizou

Brel het in 1959 toe hy nog in Parys gebly het 'n lover gehad, 'n Franse aktriese Suzanne Gabriello - of "Zizou". Sy raak swanger by hom, maar hy weier om vaderskap te aanvaar. So sy wou toe niks meer met hom te doen hê nie.

Sy bly in 'n woonstel wat uitkyk oor 'n plein in Montmartre in Parys. Oorkant die plein is die "Au Rêve" bar.

Au Rêve

Jacques Brel sit in die bar en kan die woonstel sien. En hy verlang.

Toe skryf hy Ne me quitte pas daar.

Wat het met die swangerskap gebeur? Sy het 'n aborsie gekry.

Daar is 'n frase in die song wat herinner aan Franz Liszt se Lassan (Andante) van sy Hungarian Rhapsody No. 6

Opnames

So 403 kunstenaars het opnames hiervan gemaak in 18 tale:
•Catalan
•Czechies
•Engels
•Fins
•Frans
•Duits
•Grieks
•Hebreeus
•Italiaans
•Kroasies
•Nederlands
•Noorweegs
•Pools
•Portugees
•Slovaks
•Spaans
•Sweeds
•Yiddish