 |

Jacques, Kay, Dylan, Ettienne
In 2004 doen 2B2 'n multimedia show met die naam Dê!
saam met die digitale beelde guru, Coert
Wiechers. Die digitale beelde word tydens die show geskep in die styl
van peformance art as gebeelde agtergrond
vir die musiek.
Die musiek van 2B2 is geskryf deur Jacques
Steyn in verskillende genres wat wissel van rock en blues tot ballades.
Die lede van die band is:
Die songs
Alhoewel daar genoeg materiaal is vir 'n 3 uur opvoering, het die huidige
set oorsponklike materiaal van so 1 en half uur in verskillende musiekstyle.
Daar is 'n paar blues nommers. Die oudste is Kêfie Blues
wat Jacques in 1979 geskryf het. Ander blues nommers is Middernag
Blues (1990), Moerse Boere Blues (2003), Handvol in
die wind (1980), en die meer jazzy blues nommer Ek slaap alleen
vannaand (1990).
Sommige songs is straight driving rock nommers, soos Suspisie
(1989), Die vure brand al laag (1989), en Augustus (1977),
terwyl Winter (1980) en Dwaal (1978, met 'n Latyns-Amerikaanse
salsa beat) rustige rock nommers is.
Daar is ook 'n paar ballades: Weet jy, Die dolk van jou kyk
(1989) en Applous (1992). Die song Wat ek wil hê
(1990) is in die reggae styl, terwyl Seil na jou (1978) 'n soort
50s/60s shoo-be-doo-wah song is.
En dan is daar die folky Moeder Afrika (1992), en Die storm
kom (1978). |