English | Ettienne se fotos
2B2 logo

Ettienne Celliers

Bas

Ettienne Celliers is sedert 1983 'n professionele musikant toe hy gespeel het vir The Act, 'n 3-stuks wat getoer het op die Holiday Inn en Southern Sun rondtes.

In 1985 het hy die band Tiger Tiger gestig, wat dieseflde rondtes gedoen het.

In 1987 en 1988 het hy gespeel vir die SA Leër Eenheid as deel van sy militêre diensplig.

In 1989 het hy weer aangesluit by The Act wat toe herdoop is na After the Act en die land deurgereis tot 1996.

In 1995 het hy Shoshole gejoin op 'n toer na Dubai.

In 1996 het hy die Afrikaanse groep Ekstra Dik gejoin. Hy het 'n hele paar nommers geskryf wat deur die groep gespeel word.

Ongeveer dieselfde tyd het hy aangesluit by Undercover wat 'n Tribute to Pink Floyd gedoen het, en in 2003 blues gedoen het.