Visuals | |
![]() |
Dê! Multimedia produksie Die multimedia produksie, Dê! is gekonseptualiseer deur Jacques Steyn en gestalte gegee deur die musikante van 2B2 en die visuele werk van Coert Wiechers. Die program van Dê! bestaan uit musiek gekomponeer deur Jacques in verskeie genres van rock en blues tot reggae. Digitale visuele materiaal wat deur Coert geskep is word geprojekteer tydens die uitvoering van die musiek. Die produksie is dus soos 'n visuele kunsuitstalling wat gepaard gaan met live musiek. Vir hierdie produksie komplimenteer die visuele beelde die musiek. Wat is 'n multimedia produksie Die term "Multimedia" word gebruik vir die kommunikasie kanale wat deur 'n rekenaar gebruik word om die mens se sintuie aan te spreek. Ideaal gesproke sou mens al die sintuie van die mens wil aanspreek: van klank en beeld, tot reuk en proe. Vanuit die gehoor se oogpunt word soveel moontlik verskillende sintuie aangespreek, en die term "synaesthesia", rofweg 'veelvoudige sensasies', word hiervoor gebruik. Die term Multimedia fokus op die kanale van die proses, terwyl Synaesthesia fokus op die sintuie wat die inligting ontvang. Wat is digitale teater Digitale teater is teater waar rekenaartegnologie gebruik word om nie net sommige traditionele aspekte van teater soos die stel en props te vervang, of daartoe by te dra nie, maar ook om nuwe kanale van uitdrukking in die vertoning in te lyf. In hierdie sin sluit digitale teater aan die een kant aan by performance art, maar aan die ander kant ook by die uitsaaiwese en ander digitale media.
Die temas in Dê! het verband met afleidings van die woord: o.a. dek, deka, dekadent, en dekaloog. Die fokus van Dê! is op die musiek met ondersteunende beelde. |
![]() ![]() |
|
Beelde uit Ek slaap alleen vannaand | |