Lucy's lyrics and poetry

Duisel

Duisel - Duisel:

Die Son gaan sak net een-keer oor Dooieman se Land.
- Uiter juis Spieëlbeeldig hoe díg in verlange saad kan skiet,
deur te spruit en dood te blom
in niks'seggende welbehae.

Heil - Heil, Herfsboom...
Verf jou vere oor my naakte lyf
waar deurdrenkte voetestam
p - nog deur die trane wat my lyf bebloed in 'n roosbed kan omspit-
die onkruid mag vermy.

Poedelnaak bedek met 'n vlek vol emosie teen my lyf af beskryf, besing ek jou.
Jý. - Die son waar dit te koud is om te skyn.
Jy vermom die verbode ligsku
Oor 'n donker hart bedek.

Ek deun teen die woorde,
wat worstel in my siel ontsyfer.
Ek kreun teen 'n deugliewende grondakkord...
Jy was nog altyd die jý binne mý.

Gejou en dood geduisel lê ek duldeloos langs 'n spruit vol dooie water.
- Brandend bewus van die verlustiging waarmee jy 'n dors kan les...

En mag ek verder versuip
deur stillend aan die slaap te raak.
Mag ek verder verdrink, Sodat jou hart my tuis kan neurie.

Só vloek die woorde oor ek en jy.
Juis om te ontsyfer...