wit perd
klou aan die maanhare en die wit wat sweef dit spat jou nat en skuim rondom jou nek wat breek en broos lê teen die saal runnikende klanke stoot die asem weg met snikkende verlange na die ritme wat dan polsend om jou maal klop klop kom die wit perd galoppend wip sy wit stert en jy gryp die teuels en hou my in deur skuim wat oor jou waai saalseer lê jy wagtend in die leerwerk ingedraai ruitermoeg en blasend oor die saad wat liefde saai hygend lê jou asem vlak en brandend teen my wang wat teen jou rustend lê verwagtend streel en nat spieël in jou traan wippend oor die vlaktes van verlange dryf jou hare smelted een en golf dit ritmies in die spore van my maan klop klop kom die wit perd galoppend wip sy wit stert 1984
© Jacques Steyn