wit lakens
jou lag kaats son se drome duisend stom engele baljaar duister donker somer die son skyn nog 'n duisend jaar die maan dof al hoe vromer kaats die skadu van jou lyf in die stiltes tussen woorde stryd om sin te maak en ek wonder hoe´s liefde gebore tussen wit lakens en soms, telkens ek wonder hoekom verbode as ek binne jou verdwyn trippel weer oor die kontoere van my lyf maak my weer ´n somerskind dat die koue in my hart verdwyn soen my tussen wit lakens towerspel en oë wat blink maak my weer 'n somerskind jy asem vir ´n drenkeling wat spartel tussen wier en gras dis moeilik om jouself te vind die wêreld hou ons vas jy breek die kettings los jy´t ego en jy´t geen berou jy kyk vir my my grond bly verdwyn en verdwyn ek struikel oor die lyne van jou lyf verlam, als verdwyn soen my wit lakens eks doof eks blind maak my weer jou somerkind trippel weer oor die kontoere van my lyf maak my weer 'n somerskind dat die koue in my hart verdwyn soen my tussen wit lakens towerspel en oë wat blink maak my weer 'n somerskind
Deur Lucy, vir Lucy
Hierdie song is geskryf deur Lucy Steyn ongeveer jaar 2010. Ons het pas daaraan begin werk, maar nog net in konsepvorm en nie verder gekom nie. Tien jaar later kon ek nie die melodie 100% onthou nie. Ek dink ek het die chorus goed genoeg onthou, maar die verse was bietjie vaag.
Ek het nie veel gepeuter aan haar lirieke nie - net so bietjie geskaaf en afgerond.
Lucy se storie kan hier gelees word
© Jacques Steyn