winter
winter kom vinger krom asem brand winterland kyk die son se rug is krom rooigeel bloei winter groei koue vlaag vat sy kraag lê hom neer kannie meer leeg die blaar is dit waar koue steeg hemel leeg winter waai sou jy kon raai dat sy kom haar rug op hom winter speel met lugkasteel en wolke brand in dromeland winter tart die somerhart in skerwe past die drome plat winterslaap snak en gaap lê hom neer hy kannie meer druppel dou vries in kou glansgesig winterlig doodsberig koue lug die einde kom kyk die son |
winter kom vinger krom asem brand winterland kyk die son se rug is krom strale oud winter koud lewensnood koue dood lê sy siel sleg verniel winterslaap snak en gaap lê hom neer hy kannie meer druppel dou vries in kou glansgesig winterlig doodsberig koue lug die einde kom kyk die son |
die wind waai waar hy wil |
|
die winter waai 'n wond |
1980
© Jacques Steyn