windmeul
kring in 'n sirkel my omring en 'n wiel draai in spiraal met geen end of 'n begin draai en spin in ewig draal dis 'n wêreld van karton in 'n karnavalballon draai gedagtes deur my kop wentel kringe om die son dis 'n kerkklok sonder arms deur die aftik van die tyd en die wêreld is 'n appel waaraan niemand meer wil byt warrel stilweg in my ruim net die windmeul wat basuin sleutels klinkend in 'n slot maar gedagte bly kapot is die somer nou 'n winter dat die bloeisels nie wil bot? sien ek liefde langs die seestrand en 'n voetspoor in die sand is daai veraf dreuning net die vingers van jou hand? prente hang rond in hul rame in die doolhof van my gees halfvergete plek en name maar wie kan dit tog wees? toe jy weet dit is nou klaarpraat het jy skielik dan besef dat die dooie blare groen word en die somer ons weer tref? dis 'n sirkel wat steeds draai en 'n wiel wat my laat raai met geen end of 'n begin deur ewig draal omring en die beeld homself ontwring dwarrel stilweg in die lug net die windmeul met sy sug in die tonnels van verstand dwaal ek rond op soek na rus deur 'n holte in my sand waar die dwaling nooit berus deur 'n deur wat ewig rondtol in 'n halfvergete droom is die wêreld wat my omdol steeds my lot en bitter troon dis 'n sirkel wat steeds draai en 'n wiel wat my laat raai met geen end of 'n begin deur ewig draal omring en die beeld homself ontwring dwarrel stilweg in die lug net die windmeul met sy sug
Gebaseer op Les Moulins de mon coeur (1968) Michel Legrand
© 1979 Jacques Steyn