wat ek wil hê
dis g'n jou oë wat my roep en my wegneem hiervandaan dis g'n jou lyf wat hier warm lê teen stoppels op my wang dis g'n jou hand wat my voer en my streel oor my rug dis g'n die wieg van jou heupe as jy wegstap teen die wind mm dis meer as dit dis g'n die trek van jou lag as jy kyk in my oë dis g'n jou asem wat jaag en wat brand teen my oor dis g'n jou hande wat my klem en jou arms wat my druk dis g'n jou tande wat blink as jy staar en my sien kom mm dis meer as dit dis g'n jou altaar wat jy neerlê en die offers wat jy bring dis g'n jou stem wat my sleur as jy saggies na my roep dis g'n jou lewe wat jy gee en jou knieë wat jy buig dis g'n beloftes vir 'n more wat jy neerlê en sal doen mm dis meer as dit dis g'n jou toekoms wat ek deel met jou lag in my hart dis g'n jou gister wat hier lê ontbloot voor my oë dis g'n vandag as jy sê ek kan kry wat ek wil hê dis g'n 'n tyd wat kan afloop en vir altyd kan bly staan mm dis meer as dit wat ek soek is meer as dit dis iets soveel meer wat ek wil hê is al wat ek wil hê is dis die ritme van jou gees 1990
© Jacques Steyn