Home | Lyrics home

Voel so goed

voel so goed


Vlieg hoog daar bo               
   Jy weet hoe dit gaan       
Son loer om die draai                
   Jy weet hoe dit gaan    
'n Bries wat stadig waai        
   Jy weet hoe dit gaan     

Son loer nou deur                     
Die dag begin weer                    
'n Nuwe blaai                           
vir my                                    
 en ek voel so goed         

Vis in die see                 
   Jy weet hoe dit gaan        
Water in die stroom           
   Jy weet hoe dit gaan       
Bloeisel in 'n boom           
   Jy weet hoe dit gaan        
Son loer nou deur                       
Die dag begin weer                    
'n Nuwe blaai                           
vir my                                
 en ek voel so goed         

Lê en bak, rus in die son                
Jy weet hoe dit gaan              
Vlinders wat baljaar           
   Jy weet hoe dit gaan             
Lekker droom in rustige slaap  
Jy weet hoe dit gaan               
Die wêreld is nuut                          
Die wêreld is mooi                        
vir my                                    
en ek voel so goed          
ek voel so goed               

Sterre skyn vir jou         
  Jy weet hoe dit gaan          
Reuk van die bos                   
  Jy weet hoe dit gaan            
Vryheid net vir my         
  Jy weet hoe dit gaan      

Die wêreld is nuut            
Die wêreld is mooi                
Die lewe begin weer 

en ek voel so goed 

Gebaseer op Feeling good (1965) Leslie Bricusse en Anthony Newley

© 1992 Jacques Steyn