Home | Lyrics home

Vat my hand

vat my hand

sê dit
as dit wolke dreig en vra
sê dit as die winde daarna jaag
lê dit neer
sê dan altyd ja
jy kan dit nie wegsteek
jy kan dit nie vergeet

vra dit
as jy voel jy kannie meer
vra dit
as jou pyn jou wil verskeur
kry dit
laat die ritme jou meesleur
jy kan dit nie wegsteek
jy kan dit nie vergeet

   vat my hand
   ons sal ons pyn
   laat uitloop
   soos 'n bitter wyn
   ons sal ons pyn saamdra
   ons sal mekaar kan vra

   vat my hand
   ons sal weer lag
   die lewe durf 
   met alle mag
   ons sal ons lag saamdra
   ons sal mekaar kan vra

kry dit
as jy sê jy wil dit hê
kry dit
as jou hoop aan skerwe lê
gryp dit
laat ons lippe dit saam sê
jy kan dit nie wegsteek
jy kan dit nie vergeet

1990

© Jacques Steyn