Home | Lyrics home

Sysagte nagte

sysagte nagte

sysagte nagte
sonder 'n end
droomgly gedagte
wat is bekend?

gesigte wat vlug
jou oë drup hier voor my
my pen rits in vrug
deur glysagte sy

   en ek mis jou
   ek mis jou
   aaa, ek mis jou

oral net mense
soms hand in hand
waar lê die grense?
dis bo my verstand

wie sou my dan kon sê
dink jy jy sal verstaan?
antwoord wat ek sou kon hê
vir ewig vergaan

   en ek mis jou
   ek mis jou
   aaa, ek mis jou

sysagte nagte
sonder 'n end
droomgly gedagte
wat is bekend?

gesigte wat vlug
jou oë drup hier voor my
my pen rits in vrug
deur glysagte sy

   en ek mis jou
   ek mis jou
   aaa, ek mis jou

Gebaseer op Nights in white satin (1967) Justin Hayward (Moody Blues)

© Jacques Steyn