Home | Lyrics home

suspisie

oral en om elke hoek
is daar oë wat na my soek

jy lê om elke draai en wag
nes 'n skelm in die nag
 jou hande gryp om my te hou
met boeie om my vas te hou

jou hoed lê laag hier voor jou kop
verskans jou oë in 'n skilpaddop

jou lang jas hou jou wapen to
jy volg my tot in timbaktoe

my naam is êrens in 'n boek
weggesteek vir die oë wat soek

verwytend kyk jou oë my deur
lê die skuld hier voor my neer

vertroue lê in stukkies klein
is al wat jy kan gee net pyn?  

jy soek my sakke heeldag deur
jy jaag my heeltyd heen en weer

1989

© Jacques Steyn