soos ons dit doen
ek raak jou sag tik op jou wang maar jy droom stil soos altyd weer ek trek jou toe tot by jou nek want jy lyk koud soos altyd weer ek streel jou slaap hier waar jy lê want jy bly vaak soos altyd weer en jy draai om. soos ons dit doen ek rek my uit en trek my aan en loop dan uit soos altyd weer ek's weer laat drink gou 'n sluk maar dit is koud soos altyd weer en als is grys dis sulke tyd ek gaan weer werk soos altyd weer dis lekker koud ek lig my kraag soos ons dit doen soos ons dit doen gee ons weer voor soos ons dit doen sal jy weer lag soos ons dit doen sal ek weer lag soos ons dit doen sal ek weer leef soos ons dit doen soos altyd weer die dag loop aan dit is weer laat ek kom terug soos altyd weer jy is steeds uit jy doen jou ding daar waar jy is soos altyd weer ek slaap alleen jy is steeds weg die bed is koud soos altyd weer ek mis jou weer jou kant is leeg soos ons dit doen soos ons dit doen is daar niks verkeerd soos ons dit doen kom jy weer terug soos ons dit doen sal ek weer wag soos ons dit doen sal jy weer lag soos ons dit doen soos altyd weer soos ons dit doen
Gebaseer op La Bohème (1965) Charles Aznavour
© 1992 Jacques Steyn