Home | Lyrics home

sluit dit oop

daar's 'n skatkis in die sand 
met stories van 'n verre land 
dis die land waar ek wil bly 
ek hoop die stories maak my vry 

ek het 'n kis, dis toegesluit 
jare en jare goue buit 
die sleutel het ek nou by my 
ek gaan al daai woorde bevry 

   sluit dit oop sluit dit oop 
   haal dit uit dis hoe dit hoort 
   stof dit af ja sluit dit oop 
   haal dit uit ja maak dit oop 

Pandora sê sy wil in my kis kom loer
haar kruik wil haar net slegte dinge voer
Aladin staan en wag ook in die ry 
sy lamp se genie wil my kis vermy 

in my kis die woorde wat daar lê 
hul breek nou uit om eindelik iets te sê
'n magic carpet ride waarop hul ry 
neem my saam na waar die mat weer gly

   sluit dit oop sluit dit oop 
   haal dit uit lê dit bloot 
   stof dit af ja sluit dit oop 
   haal dit uit ja maak dit oop 

sluit dit oop sluit dit oop 
haal dit uit dis hoe dit hoort 
stof dit af ja sluit dit oop 
haal dit uit ja maak dit oop 

sluit dit oop sluit dit oop 
haal dit uit en neem my saam 
stof my af ja sluit my oop 
haal dit uit ja maak my oop 

2018

© 2018 Jacques Steyn