skerpte van die stilte
hello donker my ou maat ek wil bietjie met jou praat 'n droom het saggies langs my bed kom lê sy saad gelos terwyl ek rustig lê en die droom is geplant in die holtes van my brein waar dit bly met die skerpte van die stilte sonder rus droom ek toe voort agtersteeg met asblikpoort onder skynsel van die straatlignag slaan my kraag op teen die koue vlaag in my oë word geblits met die flits van 'n neonlig deur my gesig skeur die skerpte van die stilte in die naakte lig sien ek tienduisend mense saamgetrek mense praat sonder 'n enkel woord luister doof na die klanke voort hulle skryf 'n lied maar niemand sou dit ooit sing of ooit wou dring deur die skerpte van die stilte ag as julle maar net weet dat stilte as 'n kanker vreet luister na my lied, ek wil jul leer neem my hand en ek sal jul keer maar my woorde drup in stilte tevergeefs eggo in die put van stilte en die mense kniel en smeek van die neongod wat bleek 'n waarsku woord uit sy mond laat blits gevaarlik in groot letters flits dis die woorde van profete wat drup van die duikwegmuur vodde skuur fluisterend in die skerpte van die stilte
Gebaseer op Sounds of silence (1964) Paul Simon
© Jacques Steyn