skadu van jou lag
die skadu van jou lag toe jy verdwyn gee kleur aan al my nag verlig my pyn loer dan in my oë kyk diep en weet als wat jy my gee sal ek nooit vergeet ons wens was gans te hoog ons hoop te ver 'n traan drup op jou lip toe verskiet ons ster sou ek nooit jou oë behou liefde wat geluk omvou sal ek tog die plooi onthou van skadu van jou lag
Gebaseer op Shadow of Your Smile (Love Theme from The Sandpiper), (1965) Johnny Mandel
© Jacques Steyn