Home | Lyrics home

Seil na more

seil na more

seil na more    
seil van gister  
seil na jou       
  oor die see      

seil deur storms
en donderwolke
na die vryheid
  wat jy gee

ver van donker
ver van koue
ver van pyn
oor die see

deur die wolke     
weg van storms    
van kettings      
van my vrees    

seil jy verder   
al hoe verder  
ek span my seile keer op keer  

bring my nader  
al hoe nader     
deur die golwe weer en weer   

1978

© Jacques Steyn