Home | Lyrics home

rooijakkals

jou voetval drup op die grond 
sysies kiet-kiet oral rond 
jou rooi oor spits in die grys 
blou in die sloot lê 'n patrys 

haakdorings ge-ets teen die lug
kambroblare lê bitter gemuf 
my verstand die bly steeds suf 

wat is jou naam
dit wil ek weet
sê my gou voor
ek weer vergeet 

jy's so slim 
  soos die houtjie van die galg
al jou leuens
  laat my gril en walg

jy ontsnap
  met 'n skelmstreek
weer 'n keer
  het jy my verneuk
jy's so glad
  soos die gladste seep
jou slagoffers
  lê op 'n streep

jy's die jakkals rooi
al klink jou naam hoe mooi

jy breek die kettings
 van waarheid in my kop
jy laat my woorde los
jy't my gefop
 ek jag na jou

ek jag na jou
met die perde van verstand
oor die leë vlaktes
van die haakdoringland

jy bly die skelm
van die sanddroë streek
steeds kom jy weg
al is jy hoe gebreek

wat is jou naam
dit wil ek weet
sê my gou voor
ek weer vergeet 

© 1980 Jacques Steyn