Home | Lyrics home

plug my in eks koud

drade elektronies
silikon, bionies
skywe draai my rond
digitaal en bont

my drade is gesny
my brein gefuse in pyn
transistors trek en stoot
is die lewe nou reeds dood?

   plug my in ek's koud
   digitaal benoud
   my drade het 'n fout
   plug my in ek's koud

silwerdraad gevleg
my hartklop amper weg
computers wil my gryp
hul circuits wil my rape

maar ek is g'n masjien
my denke bly my dien
ek's ligaam gees en siel
g'n stuk net van viniel

   plug my in ek's koud
   digitaal benoud
   my drade het 'n fout
   plug my in ek's koud

1982

© Jacques Steyn