net my kitaar wat saggies klink
ek sien die begin en die end van die lewe net my kitaar wat saggies klink ek sien al die krag en begin van my strewe net my kitaar wat saggies klink ek sou net kon vra nee wat, ek se jou liefde ontplooi in my ek sou net kon kla iemand mislei jou verkoop, versmoor jou ek sien net die as en die aarde daarom draai net my kitaar wat saggies klink en dood sal daar wees ja die mens is verraai net my kitaar wat saggies klink ek sou kon sterwe my kans bederwe wie sou my die lig kon gee? my siel gekerwe hoop lê in skerwe sou jy my dit kon gee? ek sien net die mens en die liefde wat daar smeul net my kitaar wat saggies klink ek sien elke mens... net my kitaar wat saggies klink
Gebaseer op While My Guitar Gently Weeps (1968) George Harrison
© Jacques Steyn