my respek
My tyd loop heel te vinnig uit en my moed loop gans te leeg waar's jou en my jong tyd toe als 'n droom was en als 'n mirage daarvoor gee ek my eer gee ek my respek maar kinders word groot so groot hulle lewe gaan verby my vriende en die wat ons liefhet reeds weggeneem van my en daarvoor gee ek my eer gee ek my respek soos ek leef deur die slaap stadig loop en my hart word koud nie eens 'n vrees vir verloor die horlosie-tik bly staan daar's geen vlam meer daar's geen mens meer al my lojale vriende verdwyn een vir een dit was alles mooi als oor my paaie baie mooi maar my hande verwelk my hande verwelk waar is die tyd heen? waar is die tyd vir moed? soos toe ons nog jonk was toe als 'n droom was en als 'n mirage so ek luister baie diep daai stil stem wat grom van die dood in die węreld alleen
Gebaseer op Ma révérence (1979) Véronique Sanson
© Jacques Steyn