Home | Lyrics home

lê jou woord neer

stil lê die daglig
in die kaatsing van 'n straal
teen gedagtes wat jy opwek
deur die klanke van jou taal

stil lê geraamtes
in die kiste van vergeet
bleek en wit gedagtes
kan ons saamsmelt tog nie meet

lê jou woord neer in my oor
laat jou asem speel dat ek kan hoor
laat ons band en koord ons more deel
   sal jy kom

lê jou stem vas teen my wang
en jy lig jou hand wat my wasem vang
en jy druk en klem teen my lip wat brand
   sal jy kom

stil lê die spieëling
van jou beeld wat lyne laat
deur die glas van 'n verlede
wat nou brekend daarvan praat

stil lê gedaantes
van ons eenwees weggelê
in die kelders van ons gister
maar dit skreeu teen wat ek sê

lê jou woord neer in my oor
laat jou asem speel dat ek kan hoor
laat ons band en koord ons more deel
   sal jy kom

lê jou stem vas teen my wang
en jy lig jou hand wat my wasem vang
en jy druk en klem teen my lip wat brand
   sal jy kom
   
1985

© Jacques Steyn