kortknip
sy sou een winter kon opstaan haar kraag teen die wind opslaan die nat van haar neus afvee haar lewe met ´n lus betree sy sou een somer in die son kon brand gebaai op die goudgeel strand sy sou haar liefde kon wen sy sou haar lewe kon ken sy sou kon lag sy sou kon smag na die lewe wat daar op haar sou wag sy sou kon lag sy sou kon smag na die lewe soos ek en jy op lewe wag sy sou die lewe kon voel in haar are waardeur haar bloed sou woel sy sou kon lag en speel die lewe sou haar nooit verveel sy sou die lig van die son en verder kon sien haar naaste met haar lewe dien sy sou ´n mond kon soen maar voor sy kon leef is sy verdoem in die donker van 'n buik voor mens die vars van die lug kan ruik lê haar lewe wat klop en wag deur die deur wat sou haar laat lag deur die tonnel lê haar toekoms rooi in die bloed van haar grafkleed getooi die blink van ´n lem haar lewe´s getem voor sy ´n woord kon sê haar reg is haar ontneem van haar lewe vervreem bloederig vermoor haar hoop is versmoor kortgeknip haar lewe is kortgeknip kortgeknip
© Jacques Steyn