in die middel van die nag
in die middel van die nag soms neem dit so lank woorde maak my bang as die maanlig my wil vang minnaars lê en woel en jy kan dit nie bedoel maar jy kry daai gevoel mense is so wreed en jy kan dit nie vergeet as jou pyn aan jou vreet en die ander lê en droom maar jou brein werk volstoom jou vrede is verloën die vaak bly weg van jou en jy wens jy kan dit hou ag as dit tog net om jou vou dis dan wat ek wil skryf oor die ritme van jou lyf maar my hande bly so styf 1988
© Jacques Steyn