Home | Lyrics home

handvol van die wind


in die koudheid van onsekerheid
stabiliteit wil ek van jou hê
in die warm voue van jou denkegloed

ek wil jou oral om my hê
jou sagte hand
oor die sand

ag maar dis net sowel 'n handvol van die wind

die sonskyn bleik die lug
ek wil vinnig wegvlug van jou glimlag
en oral waar ek kyk is dit net jou oë

om jou dan nou lief te hê
sou ek wou hê
vir ewig hê

ag maar dis net sowel 'n handvol van die wind

die reën betraan die blare nat
ek smag na jou
my vrees is koud
ag help my my koudheid weg te dryf

verlangend na jou warm hart
dit wil ek hê
dit wil ek hê

ag maar dis net sowel 'n handvol van die wind

1980

© Jacques Steyn