êrens iets
êrens in die wieg van jou stap iets trek my aan soos niemand anders êrens in die trek van jou glimlag ek wil net hier by jou bly jy weet jou plek is by my êrens in jou lag weet jy is daar net een as my lover êrens in jou styl dit wys my ek wil net hier by jou bly jy weet jou plek is by my jy vra my sal ons kan hou ek sou wou ek sou wou bly net hier dit sou kon hou ek sou wou ek sou wou êrens in ons pad weet jy en al wat ek moet doen is dink aan jou êrens in als wat jy my wys ek wil net hier by jou bly jy weet jou plek is by my
Gebaseer op Something (1968) George Harrison
© Jacques Steyn