ek slaap alleen vannaand
ek slaap alleen vannaand die buurt kwyn in die nag se stil die son kuier ver hiervandaan en die nag hang koud en kil dis moeilik om dit uit te hou bring jou lig dat ek kan hou maar als is net die skyn van die maan ek slaap alleen vannaand ek slaap alleen vannaand die stilte sny my ore fyn jou lag het stil hier weggegaan ver klink die fluit van 'n stoomtrein dis moeilik om dit uit te hou bring jou lig dat ek kan hou maar als is net die skyn van die maan ek slaap alleen vannaand 1990
© Jacques Steyn