een met die nag
vandag in jou oë die nag is vermom die son wil dan skyn bring lig vir 'n tyd maar met die breek van die straal sien ons ander weë die warm van die dag draai 'n ander wang een met die nag so lank as die tyd dan wil wees tik die klok deur die ewigheid so lank golwe die see wil hê was jou sand die branders en my en jy wag vir my jy seil met my realiteit's 'n fantasie lief vir die nag ons is lief vir die nag ons is lief vir die nag een met die nag dit lyk of die maan haar pad verloor sy roep desperaat in pyn ruimteperde soek hulle teuels en hul pad en hulle roep tevergeefs galoppende nagte regeer in hul mag en hul storm deur die hekke van jou lag dis dan dat hul weet een met die nag vannag in jou lag geleende son vir 'n tyd die straal is ons slaaf ons sand was deur die golf en daar wag jy vir my langs die ewigheid wanneer jy met my seil in die fantasie een met die nag
© Jacques Steyn