Home | Lyrics home

dood se snaar

bind my vas
lê my neer
want die dood 
wil my regeer
bring sy krag
oor my dag
as ek wag

hoor die klop
aan my deur
en die dood
wil my verskeur
en die swart
van sy nag
vou oor my

  sien ek oë
  oor my lag
  voel ek swak
  oor hul mag
  en die dood
  speel sy hand
  met gesag

  sekel gekrom
  gou sal hy kom
  die dood 
  speel sy mars
  op my kitaar

  grynslag en been
  helse gesteun
  die dood 
  speel sy mars

  op my kitaar

speel die dood
met sy snaar
op die kis 
van my kitaar
lê my beendere wit
  teen die son

1989

© Jacques Steyn