die blare val
Die blare val so goud en geel lê soos 'n mat kan my verbeel jou lip op my wang somer vasgevang maar herfs kom weer aan dit maak my gedaan Jy was weer weg die dae gans te lank n jaar is weer klaar maar ek bly verlang ek mis jou alreeds weer die koue maak my hart seer die blare van herfs bly net val Dit klink soos hier die lied vir jou die melodie is net vir jou die son sak weg die blare waai die lug is blou die see is koud sou ek vat waar jy was en ek gryp jou weer vas blare in die herfs waai jou weer weg ek sien jou weer voor my jou oë vat aan my en gou sal die wind jou weer bring na my
© Jacques Steyn