boheems
Ons sit en praat weer oor die tyd toe ons nog jonk was voor die kompromiste Die krot waar ons bly die rankers voor die deur die verf dof van die tyd Die eenvoud van die styl dit staan steeds stil in ons gedagtes Jou borste op die doek geverf uit honger vir 'n bord met brood Dis die lewe dis boheems dis alles net alleen vir ons kuns Dis die lewe dis boheems al eet ons brood ons kuns sal leef By kafees en pubs waar ons droom die roem wat roep na ons Al pyn die honger die drome sal nooit verdwyn dit bly leef in ons Ons verf die mure 'n warm maal is al wat ons wil hê Ons sing ons verse vir 'n warm beker sop by 'n vuur Dis die lewe dis boheems jy was my als jy was my droom Dis boheems dis die lewe ons sou die wêreld ver oorwin En voor my esel drup my verf en spat oor al my drome die heuplyn van jou lyf die kurwe van jou bors dit bly net vaag die nag steeds 'n spook die dag hang in ons oë die koffie alweer flou Moeg en steeds vaak kyk in jou oë die droom is dit werd Dis die lewe dis boheems ons was nog jonk jy was my droom Dis boheems dis die lewe ons leef daai tyd net vir nou Vandag is dit leeg iets pak my beet ek gaan loer weer na daai dae Die mure verval die strate leeg die drome van ons jeug Ek soek die trap ek soek die deur maar daar is niks Dis als lank reeds weg nes die drome van ons jeug Dis die lewe dis boheems ons was nog jonk en ons was mal Dis boheems dis die lewe die droom het ver ver verdwyn Dis boheems dis die lewe en ons droom 'n vergete pyn Dis boheems dis die lewe o ons droom het ver ver verdwyn
Gebaseer op La Bohème (1965) Charles Aznavour
© Jacques Steyn