as jy weg sou gaan
Gebaseer op Ne me quitte pas
1959 Jacques Brel
1979 Jacques Steyn
sou jy my verlaat bly gedagtes oor net bitter smaad van 'n afksiedskoor 'n dagboekblad wat vergeel en krul steeds my siel bekoor want die tyd staan stil al het daardie uur al my skroeiend vuur met 'n slag geblus deur jou martellis sou jy weg moes gaan en daai uur breek aan jy my siel verslaan as jy weg sou gaan... ek sal aan jou gee 'n pêrel van reën wat kom van 'n land met sysagte sand ek sal oral reis die wêreld deurkruis deur skroei en deur ys my liefde bewys ek sal jou dan gee 'n troon van smarag waar jy sal heers in al jou prag maar as jy sou gaan... en daai uur breek aan jy my siel verslaan jy weg sou gaan... ek sal jou woorde maak wat rym en klink en my siel laat praat jou oor volskink met klank en daad en net liefde praat jou oortuig van heel my liefdesmaat ek sal jou vertel van die eensaam hel sou jy oordeel vel in ons liefdespel en jy weg sou gaan jy my siel verslaan daai uur breek aan as jy weg sou gaan maar kom gou weer terug en hoor nou my sug ontvlam weer ons vuur en breek af die muur en mens sou kon dink ons is 'n vulkaan gestorwe, gedaan wat nooit weer kon blink ons sal weer ontspring as 'n spruit wat dring deur 'n kors gewring ons sal weer sing maar as jy sou gaan... en daai uur breek aan jy my siel verslaan as jy weg sou gaan ek sal jou mis as jy voort sou gaan en ons lag verkwis ek alleen sou staan en jou lyf beloer in my geestesoog maar my hand gesnoer en jy ver en hoog van vingerraak en my siel bly naak en my hart bly koud en my bors benoud dat jy weg sal gaan jy my siel verslaan daai uur breek aan dat jy weg sal gaan...
© 1979 Jacques Steyn