applous
as ek jou siel blootlê draai jy weg en al wat ek sien is die skadu van jou rug wat krom lyne gooi op die kraakvloere wat ek geleef het as ek my stem laat dreun oor skares die gejuig is stil die handgeklap 'n loslit bui wat net nooit ooit wil breek nie maar my hart is skerwe teen beloftes van plakkate en opskrifte want my plug is getrek en dis die donder van die stilte wat my my bene laat oopgooi en my laat hoereer met songs wat jy wil hê maar jou geld stink en jou roem is 'n orgie van virusse wat jou siel deurtrek en jy ruik na koerantpapier as jou glansprogramme brand in die vuur wat vandag skei van die eeue
© 1992 Jacques Steyn